Ruvuma The organization's main objective is to coordinate support teams that support missionaries in North East Mozambique and support them.

Providing a Netwok Platform for missionaries in North East Mozambique

22/04/2026

Mag my en jou lewe mense na God toe trek en mag alles wat ons doen God vereer.

Naand se vriende en familie in Jesus,
Ja nee, ons het veilig vanmiddag in Macia aangekom. Dit was n kort pad, maar baie stadige pas . So baie lorries wat van SA af ingestroom het, en paaie wat gewerk word... En nog reen ook. Die spoed op die hele pad was tussen 60 en 80...en 2x is dieselfde GP karretjies afgetrek oor die spoed🤷🏼‍♀️kan mens nie lees of hoor nie🤦🏼‍♀️🤐
Ons was gelukkig, my "waze" app... 👍🏽Sy is baie skerp en se gou as ek oor 60 is!! 🤣
Maar ons was so net na 1 by "Voltta a Biblia" in Macia by Andries en Sunette.
Baie dankie vir elkeen se gebed. Ons gesels te veel, dié dat ek noueers by nuus uitkom.
Ek het ongelukkig ook nie vir julle fotos nie, want oumeneer se Moz-simkaart is iewers en hy neem die foto's en ek kry dit nie afgelaai nie. Sodra ons iets daaromtrent kan doen, sal ek n pr fotos wys. Die gedeelte vd pad was baie sleg, en daar is baie water nog langs die pad...
Sover, gaan ons nog more ook hier wees om met Paulo te gesels. Hy het genoem dat hy belangstel om ons in Namau te kom besoek, so ons sal sy hart hoor en langbeen moet sit en gesels. Dv gaan hulle n uitreik in Junie maand doen in Nampula omgewing, dan sal hy kan kom besoek afle!! En sy voete natmaak💦🛐op Moslem grond...
Ons het ook n paar garages verby moes ry, a.g.v. geen diesel nie, maar ons glo dat Vader ons tenk sal volhou...🙌🏽 Soos die weduwee se kruik✝️🛐🙏🏼
Bid asb saam vir more se gesprek, ook as ons die pad aanvat weer, vir die dieseltenk se volbly🙌🏽🙌🏽

Glory to God!!!
Geseende nag vir julle❤️🫂liefde Johan en Enna

Hier is die volgende waardevolle Ruvuma gesprek:
18/02/2026

Hier is die volgende waardevolle Ruvuma gesprek:

Hierdie is waardevolle geleentheid om die hart van God te deel deur sendelinge se lewens en ook te groei in effektiewe ondersteuning van die werk in Noord-Oos Mosambiek.

Onthou Vrydag se Ruvuma gesprek:
08/11/2025

Onthou Vrydag se Ruvuma gesprek:

Wat is belangrik om te weet om ‘n strategie uit te werk om die kerk in Mosambiek te ondersteun om ‘n Christelike wêreldbeeld te vestig.

06/11/2025

Oom Dawid Steyn het met baie entoesiasme uitreike gehad na Mosambiek veral in die sentrale gebiede van Zambezia provinsie. Dikwels saam met sy vriend Kalulu gemeentes besoek en opleiding gegee met die kategismes.
Bertus laat weet dat oom Dawid gister oorlede is nadat dit maar swaar gegaan het.
Nadat ek die Tumbine sinode in Mosambiek daarvan ingelig het, reageer hulle met die volgende brief:

IRM – SINODE VAN TUMBINE
MEDELYEBOODSKAP AAN DIE FAMILIE VAN ONS GELIEFDE PASTOOR DAWID
Die Sinode van Tumbine rig hiermee ons innige meegevoel aan die familie van ons geliefde en ontslape Pastoor Dawid. In hierdie tyd van hartseer en verlies, verenig ons ons in gees met almal wat treur oor sy heengaan.
Ons erken met dankbaarheid die onvermoeide werk wat Pastoor Dawid verrig het, veral in die noordelike gebiede van Mosambiek, met spesiale verwysing na die gemeente van Ile. Sy geestelike nalatenskap, sy voorbeeld van geloof en toewyding aan God en die gemeenskap, sal altyd in ons harte voortleef.
Vir die Sinode het ons nie net ’n pastoor verloor nie, maar ’n ware geloofsheld – ’n lewende biblioteek van wysheid en Christelike liefde. Tog glo ons dat die roeping wat hy ontvang het deel is van God se plan, en dat sy nagedagtenis ’n inspirasie sal bly vir sy familie en almal wat hom geken het.
Ten slotte rig ons ook ’n woord van bemoediging aan die Kerk in Suid-Afrika: hou vas aan hoop en geloof. Ons broer het in die Here gaan rus en sy kroon van heerlikheid ontvang.
Laat ons saam, hand aan hand, bly wag op ons Here Jesus Christus.
Namens die Sinode van Tumbine,
José Ernesto Ganhale
Algemene Sekretaris

Audrey van Wijk is vanmore oorlede. Ons d**k aan familie en vriende en gaan haar invloed lank saam met ons dra. Wat 'n g...
26/06/2025

Audrey van Wijk is vanmore oorlede. Ons d**k aan familie en vriende en gaan haar invloed lank saam met ons dra. Wat 'n groot invloed op baie lewens het die Here vir ons gegee deur haar.

Dit is met leedwese dat ons Saterdag verneem het dat Alta oorlede is. Hier by die 20ste het sy gegaan vir 'n kanker oper...
12/05/2025

Dit is met leedwese dat ons Saterdag verneem het dat Alta oorlede is. Hier by die 20ste het sy gegaan vir 'n kanker operasietjie op haar arm en het later vermoedelik 'n klein beroertetjie gekry. Sy is in die hospitaal opgeneem en daar was komplikasies en was later op 'n ventilator.
Ons wil graag voorbidding vra vir die familie. Ons bid dat die ons goeie Vader se teenwoordigheid 'n groot realiteit vir hulle sal wees in die tyd.

Hier is die opnames van die Maart gesprek.
14/04/2025

Hier is die opnames van die Maart gesprek.

Kyk gerus ook na DiaLogos se webblad vir geballanseerde inligting in ‘n tyd van baie wan voorstellings. Hulle is ons nuwe vennoot in Ruvuma.

07/03/2025

Kom ons d**k aan Mosambiek die week. Daar is 'n sterk sikloon wat volgens voorspelling vanaf Dinsdag 11 Maart oor Nacala die land inkom en oor Zambezia provinsie draai voor dit weer Suid-Oos padgee oor Madagaskar. Met oeste wat reeds laat en swak is, kan dit baie skade en menslike lyding veroorsaak.

Address

P/A HvN Accountants Octon Place
Stellenbosch
7600

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ruvuma posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share