Janse van Rensburg Prokureurs

Janse van Rensburg Prokureurs Janse van Rensburg Prokureurs is 'n regsfirma in Stellenbosch wat hoofsaaklik in aktes en notariële ooreenkomste spesialiseer.

Aktevervaardiger

Anita Janse van Rensburg is die eiendomspesialis van die firma, ‘n toegelate prokureur, notaris en aktevervaardiger met 12 jaar ondervinding. Sy is welbekend in die eiendomsmark in Stellenbosch met ‘n rotsvas reputasie wanneer dit kom by die lewering van ‘n professionele diens van hoogstaande gehalte gerig op uitstekende en vriendelike kliëntediens om die ervaring so gerieflik e

n deursigtig as moontlik vir elke individuele kliënt te maak. Sy hanteer die registrasie van deeltitel en konvensionele oordragte, die registrasie van konvensionele en deelverbande, notariële dekkingsverbande, onderverdelings en konsolidasie aansoeke, die opening van deeltitelregisters en die opstel van eiendomsverwante ooreenkomste. Ons firma se besigheidsetiek het dit nog altyd ten doel gestel om kliënte verhoudings te bou wat nie net vir die duur van een enkele transaksie sal hou nie, maar wat ‘n kliënt sal noop om weer en weer terug te kom omdat hy of sy verseker is dat sy belange hoog op prys gestel word en dat ons uit ons pad sal gaan om sy transaksie keer op keer so glad as moontlik te laat verloop. Notaris


Aangesien ons ook van hulp kan wees waar voornemende egpare hul huwelik wil beheer deur ‘n huweliksvoorwaarde kontrak te sluit, sal Anita Janse van Rensburg, ‘n gekwalifiseerde notaris u ook hierin effektief kan bystaan. Sy bly op hoogte ten opsigte van die nuutste ontwikkelings in die huweliksgoederereg, en is daarom in ‘n uiters bekwame posisie om aan ‘n voornemende egpaar die nuutste advies te gee. Natuurlik kan ons u net so effektief kan bystaan om ‘n na-huwelikse kontrak te registreer, wanneer daar ‘n oorsig was toe die kontrak oorspronklik gesluit moes gewees het. Ons firma kan ook oorspronklike dokumente soos universiteitskwalifikasies, diploma’s en regsdokumente notarieel sertifiseer soos benodig vir registrasie op verskeie rade, asook die apostille verkry vir gebruik in die buiteland. Diverse dienste

Ons firma spits hom wel toe op bogenoemde aangeleenthede, maar ons is altyd meer as bereid om op alle vlakke diens te lewer, selfs al sou dit beteken ons moet dieper delf of nog opinies inwin om aan ‘n klient so ‘n wyd as moontlike oplossing vir sy probleem te bied. Soveel Suid Afrikaners sterf sonder testamente, en ‘n testament kan so‘n eenvoudige dokument wees wat die moeilike tyd na afsterwe van ‘n geliefde vir die naasbestaandes kan vergemaklik. Ons firma kan u bystaan in die opstel van ‘n testament en met algemene boedelbeplanning en die administrasie van die boedel na afsterwe van die testateur of testatrise. Die oprigting van trusts, hetsy inter vivos of testamentêr, deur die aansoek by die Meester in te dien met al die ondersteunende dokumente tot uitreik van die trustees se magtigingsbrief. Aangesien dit die veilige en wyse keuse is om besigheidstransaksies sover moontlik met dokumentere bewyse te staaf, is dit uiters belangrik dat die kontrakte en ooreenkomste deur ‘n prokureur met ondervinding in daardie area van die reg opgestel word. Ons staan u by vanaf die vorming van die maatskappy, opstel van aandeleooreenkomste tot die intrinsieke kompleksiteit van enige kontrak, hetsy die koop en verkoop van goedere tot die optrek van ‘n dienskontrak vir werknemers. As gevolg van Anita se wye ondervinding wat sy deur jare in die praktyk opgedoen het, sal sy altyd eerlike advies kan gee wat dienooreenkomsitg ‘n klient moontlik baie geld kan spaar omdat sy eerder sal adviseer om nie regsaksie te neem as om onnodige uitgawes aan te gaan vir ‘n aangeleentheid wat geen redelike kans op sukses het nie.

Aanwysings na my firma se kantoor in Stellenbosch: 303, 3de vloer Valerida Sentrum, oorkant Paul Roos Gimnasium waar die...
30/03/2023

Aanwysings na my firma se kantoor in Stellenbosch:
303, 3de vloer Valerida Sentrum, oorkant Paul Roos Gimnasium waar die Kwikspar geleë is....
met die ongelooflikste uitsig terwyl ek oordragte, huwelikskontrakte en notariële sertifiserings doen. O ja... Moenie vergeet om jou testament in orde te kry nie.

Ons probeer ons bes om steeds registrasies te finaliseer teen 22 Desember 2020.
14/12/2020

Ons probeer ons bes om steeds registrasies te finaliseer teen 22 Desember 2020.

This past week was Wills Week. Anita attended a seminar of 3days where they focussed intensely on the intricacies of a l...
16/09/2017

This past week was Wills Week. Anita attended a seminar of 3days where they focussed intensely on the intricacies of a last will. Please do not think you don't have much therefore a stationery shop's will will do. Consult with Anita to draft your will to your wishes and make a difficult time to come, now already, so much easier for friends and family. They will thank you. I promise.

Janse van Rensburg Prokureurs is nou deel van die Private Property se paneel voorkeur prokureurs vir eiendomsoordragte o...
23/08/2017

Janse van Rensburg Prokureurs is nou deel van die Private Property se paneel voorkeur prokureurs vir eiendomsoordragte op hul webblad. Kliek gerus op die Stellenbosch en Tableview areas en sien ons naam opkom na elke 8-10 listings. Sien uit om kliënte op hierdie forum van diens te wees.

Kontak my met enige navrae oor eiendomsoordragte, woonstelle, huwelikskontrakte, testamente en trusts. My leuse is profe...
02/05/2017

Kontak my met enige navrae oor eiendomsoordragte, woonstelle, huwelikskontrakte, testamente en trusts. My leuse is professionele diens met 'n persoonlike aanslag, en al hoe jy kan sien of dit waar is, is om van my dienste gebruik te maak. My fooie is mededingend en my diens van hoogstaande gehalte. ✔💯

30/04/2017
01/03/2017

"You are braver than you believe, stronger than you seem and smarter than you think"

Moenie glo dat jy nie 'n kontrak kan lees omdat die woorde te hoog klink nie. Breek dit stukkie vir stukkie op en voor jy jou kom kry, weet jy presies wat daarmee bedoel word en nog belangriker, of jy jouself aan daardie klousule wil verbind. Moenie net blindelings teken nie, WEET waarvoor jy jouself inlaat - of kontak my om jou te help ontsyfer wat in jou kontrak geskryf is.

Deeltitelskemas se eienaarskap verskil van 'n erf deurdat jy slegs eienaar is van middelpunt van die eenheid se mure en ...
21/02/2017

Deeltitelskemas se eienaarskap verskil van 'n erf deurdat jy slegs eienaar is van middelpunt van die eenheid se mure en dak binnetoe. So as 'n venster lek moet jy kyk waar sit hy teenoor die middel. As die venster meer na buite sit moet die beheerliggaam dit herstel, en meer na binne, die eienaar. Fyn lyn....

Rentevrye lenings aan trusts gaan vanaf 1 Maart 2017 baie strenger beheer word, so hou maar by die voorgeskrewe 8% minim...
23/01/2017

Rentevrye lenings aan trusts gaan vanaf 1 Maart 2017 baie strenger beheer word, so hou maar by die voorgeskrewe 8% minimum rente. Maak seker jou trustakte maak daarvoor voorsiening sodat die trust, trustees en begunstigdes nie hulle vingers brand met die 2017 / 2018 belastingaanslag nie.

Address

3 On Herold
Stellenbosch
7600

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:00
Tuesday 09:00 - 16:00
Wednesday 09:00 - 16:00
Thursday 09:00 - 16:00
Friday 09:00 - 16:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Janse van Rensburg Prokureurs posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share