08/06/2026
Aanhouer wen. Glo en druk deur al moet jy ander skuiwe maak. 'n Verloor beteken nie noodwendig 'n verloor nie.
Soms wen mens nie die aanvanklike hofstryd nie maar mens wen genoeg tyd vir 'n volgende geveg.
Afriforum se aanvanklike dringende aansoek teen die hervestiging van die Melgisedek plakkers na die hart van die Moot was wel onsuksesvol, maar dit het tyd gekoop vir Lawyers for Human Rights om hulle appél teen die beplande verskuiwing te finaliseer.
Tshwane het in hulle wysheid 'n artikel 18(3) aansoek gebring om die verskuiwing deur te druk en dit het pas misluk.
So werk verskillende litigerende partye met uiteenlopende doelwitte dikwels ten goede saam!
Dis 'n wenresep vir die toekoms!