10/09/2026
🌸 Lente is hier – en ons vier dit saam met ons gemeenskap! 🌸
By Wikus Strydom Attorneys is ons trots om deel te wees van die Midstream-gemeenskap en die afgelope tyd saam met julle verskeie besondere geleenthede te beleef.
Van die Retire@Midstream Wills Day, waar ons kon help om gemoedsrus en beplanning vir die toekoms te bring, tot die Retire@Midstream Lenteloop en Die Oord PV3 Golfdag – dit was wonderlik om deel te wees van hierdie gemeenskapsgeleenthede. 🌿🏃♂️⛳
Soos die lente nuwe lewe en nuwe begin bring, herinner dit ons ook aan die belangrikheid daarvan om vooruit te beplan en seker te maak dat jou sake in orde is.
Dankie aan almal wat hierdie geleenthede saam met ons moontlik gemaak het. Ons sien uit na nog baie mooi oomblikke saam met ons gemeenskap!
🌸 Wikus Strydom Attorneys
Jou vertroude vennote in eiendomsreg en boedelbeplanning