07/08/2013
Wat is Mediasie?
Mediasie is ʼn alternatief tot die hoogs aanvaarde en gebruiklike Hof -litigasie rigting. Dit is ‘n effektiewe en ook koste-effektiewe vorm van geskilbeslegting, sonder om die verhouding tussen die partye te laat opbreek of afbreek, bv. Werksverhoudinge, familie verhoudinge en oor die algemeen verhoudings tussen persone in hul daaglikse lewens.
In Suid-Afrika word 97% van siviele aangeleenthede ( sake wat na die Hof verwys is) geskik op die stoepe van die Hof ( met ander woorde net voordat die Hof die saak sou aanhoor kom die partye tot ʼn ooreenkoms daarin) Hierdie skikkings (ooreenkomste) is gewoonlik die gevolg van ʼn jare lange geskil tussen die partye en dit het egter altyd die gevolg dat daar hoë kostes daarmee gepaard gaan wat elke party daarin moet betaal.
MEDIASIE IS DAAROP INGESTEL DAT BEIDE PARTYE TOT DIE GESKIL ‘N GELEENTHEID GEBIED WORD OM HULLE SAAK TE STEL. DUS HULLE WORD DIE GELEENTHEID GEBIED OM HULLE STORIE TE VERTEL EN DUS GEHOOR TE WORD. In terme van litigasie voel die partye meestal soos bystanders.
KONTAK ONS MNR. SWART, @ (015) 491-3245 of maak net 'n draai by ons kantore vir meer inligting te RUITER WEG 116, MOKOPANE, 0600.U KAN ALTYD OOK 'N E-POS AAN ONS VERSEND: [email protected]