08/10/2026
🎉 Gelukkige verjaarsdag, Hannelie! 🌷
Vandag vier ons 'n ystervrou met 'n hart van goud wat reeds vir 23 jaar deel is van die hart van ons kantoor.
Hannelie, jy is iemand wat jou 110% gee in alles wat jy aanpak. Jy leef voluit vir jou familie, die mense vir wie jy lief is en dit wat vir jou belangrik is. Deur die jare was jy 'n onmisbare steunpilaar vir Japie, iemand wat hom ondersteun en motiveer, maar hom ook gegrond hou en met liefde na hom omsien.
Jou vriendelikheid, positiewe geaardheid en opregte belangstelling in ander maak dit altyd maklik om met jou te gesels en lekker om in jou geselskap te wees.
Ons waardeer jou en die rol wat jy oor soveel jare in die verhaal van die firma gespeel het. Mag die jaar wat voorlê vir jou net soveel liefde, vreugde en mooi oomblikke bring as wat jy vir die mense rondom jou gee.