20/04/2020
Goeiedag!
Vandag het 'n vriendin my vertel van haar unieke opoffering vir die gemeenskap in hierdie grendelstaat. Dit het my laat d**k wat ek kan doen: My talente is nie om groot hoeveelhede kos te kook of gesigmaskers te stik nie, maar ek kan wel gemoedsrus bied gedurende hierdie onsekere tyd en tye wat ophande is. Ek bied my professionele diense gratis aan vir die opstel van jou testament, of as jy reeds 'n testament het, dan kyk ek of dit regstegnies korrek en uitvoerbaar is. As jy graag van hierdie gratis diens gebruik wil maak, antwoord met jou epos adres, dan stuur ek vir jou die nodige inligting.