14/08/2026
Op Vrouedag het The Family Constitution Company (FCC) in samewerking met Pioneer Seed South Africa βn besonderse en betekenisvolle geleentheid aangebied, spesiaal vir die vroue wat die hart van familieboerderye vorm.
Onder die tema βThe Lioness β Raising Generations. Protecting Legacies.β is vroue gevier wat soveel meer as net βn ondersteunende rol binne hul familie en boerdery vervul. Hulle is moeders, eggenotes, dogters, susters, lewensmaats, raadgewers en bewakers van die waardes, verhoudings en nalatenskap wat oor geslagte heen opgebou word.
βn Leeuwyfie is immers meer as net βn moeder. Sy beskerm haar familie, waak oor haar gebied, leer die volgende geslag en dra met stille krag by tot die voortbestaan van haar trop. Sy verstaan dat haar besluite nie net vandag raak nie, maar ook die wΓͺreld waarin haar kinders en die geslagte nΓ‘ hulle eendag sal leef.
Net so dra die vroue binne familieboerderye βn besondere verantwoordelikheid. Hulle help om familiewaardes te bewaar, tradisies voort te dra, verhoudings te versterk, toekomstige geslagte groot te maak en die familie se welvaart en nalatenskap te beskerm.
Die dag het βn veilige ruimte geskep vir eerlike gesprekke, nadenke en nuwe perspektiewe rondom familienalatenskap, opvolgbeplanning, generasiekontinuΓ―teit, waardes, moederskap, veerkragtigheid en die toekoms van familieboerderye in Suid-Afrika.
βn Besondere dankie aan ons gasspreker, Annelien Pienaar, vir haar inspirerende bydrae en die wysheid waarmee sy die vroue toegespreek het.
Ons is ook ongelooflik dankbaar vir ons paneel van kundiges, wat waardevolle insigte gedeel het oor die belangrikheid van deeglike beplanning vir generasie-opvolging:
Liezl Fourie β Prokureur en Direkteur, Meyer van der Walt Prokureurs
Ansonette Erasmus β Direkteur, Venter Kennedy Rekenmeesters
Amanda Snyman β Direkteur, Venter Kennedy Rekenmeesters
Karen Eckley β Trust- & Boedelspesialis, Trustees of the Future
Elkeen van hierdie vroue het βn unieke perspektief en waardevolle wysheid na die gesprek gebring β herinneringe dat opvolging nie bloot oor besighede, grond en bates gaan nie, maar oor mense, verhoudings, waardes en die toekoms van βn familie.
Raising Generations. Protecting Legacies.
Want die nalatenskap wat ons vandag beskerm, is die fondament waarop mΓ΄re se geslagte sal bou.
Aan elke vrou wat saam met haar familie werk, bou, dra, beskerm, koester en droom β ons sien jou. Ons waardeer jou. En ons vier jou.
Jy is die hart van die trop. Jy is die leeuwyfie.