30/04/2020
Geagte kliente en vriende,
Coetzees heropen weer om 8hoo op 4 Mei 2020. Die normale kantoorure sal geld, maar ons sal ingesteld wees om terwille van ons kliente en ons personeel se gesondheid en veiligheid, streng te praktiseer ooreenkomstig die bepalings van die Regering se Fase 4 voorskrifte.
Dit is belangrik om daarop te let dat u asseblief 'n gesigsmasker, soos voorgeskryf, in ons kantoor moet dra en ook die sogenaamde 2 meter afstand vanaf andere moet handhaaf. Ons kantoor sal gedurig ontsmet word en u sal versoek word om gereeld u hande te saniteer voor en tydens u besoek aan ons.
Sekere dinge sal beslis anders gedoen word, maar wees verseker ons is voornemens om steeds ons leuse van "Uitnemende Diens" gestand te doen en selfs daarop te verbeter.
Ten slotte, maak asseblief vooraf 'n afspraak om enige van ons te sien aangesien ons weens die unieke en moeilike huidige omstandighede en voorskrifte, sogenaamde "instap kliente" nie sal kan help nie.
Ons sien uit om weer ons passie as juriste saam met u te kan uitleef en wens u goeie gesondheid en voorspoed toe gedurende hierdie werlik vreemde tydperk in ons almal se lewens.
Direkteure