Kruger & Co

Kruger & Co Specialists in drafting of Wills and administration of Deceased Estates.

Is jou boedelbeplanning op datum? 'n Testament is nie 'n dokument wat een keer opgestel en dan vergeet word nie. Soos wa...
10/06/2026

Is jou boedelbeplanning op datum?

'n Testament is nie 'n dokument wat een keer opgestel en dan vergeet word nie. Soos wat die lewe verander, mag jou testament dalk ook nodig hê om te verander.

Indien enige van die volgende op jou van toepassing is, behoort jy jou boedelbeplanning te laat hersien:

- Jy is in die afgelope 5 jaar getroud of geskei.
- Jy het eiendom gekoop of verkoop.
- Jy het 'n besigheid begin, gekoop of verkoop.
- 'n Kind of kleinkind is gebore.
- Jou trust is meer as 10 jaar gelede gestig.
- Jou testament is ouer as 5 jaar.
- Daar was belangrike veranderinge in jou finansiële omstandighede.
- 'n Begunstigde, eksekuteur of trustee wat in jou dokumente genoem word, is oorlede of is nie meer geskik vir die rol nie.

Wanneer laas het jy jou testament en boedelbeplanning laat hersien?

’n Testament is nie net papierwerk nie, maar is dit moontlik een van die belangrikste maniere om die mense vir wie jy li...
26/05/2026

’n Testament is nie net papierwerk nie, maar is dit moontlik een van die belangrikste maniere om die mense vir wie jy lief is, te beskerm.

Ons bied 'n duplikaat bewaringstelsel aan - *gratis* - en jy bly in beheer.

📞 Kontak ons gerus vandag:
Janél: 083 385 0909 | [email protected]
Tanja: 082 747 6186 | [email protected]

🌻 Kruger & Co.

Address

Mossel Bay

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kruger & Co posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Kruger & Co:

Share