Minnaar & de Kock Attorneys/Prokureurs

Minnaar & de Kock Attorneys/Prokureurs Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Minnaar & de Kock Attorneys/Prokureurs, Lawyer & Law Firm, 18 Loop Street, Middelburg.

Dear client/correspondent/colleagueAs you are aware, President Ramaphosa announced a National Lock Down effective from m...
26/03/2020

Dear client/correspondent/colleague

As you are aware, President Ramaphosa announced a National Lock Down effective from midnight on 26 March 2020 to Midnight on 16 April 2020.

The amended regulations relating to the lockdown are attached in photo-format for your convenience.

If you are providing any of the essential services as set out in Annexure B of the regulations and have to travel outside your home – please travel with your ID document or driver’s licence as well as the Form 1, Annexure C. The form is attached in photo-format.

The form should be completed by the person in charge of the specific business and have the name of the person performing an essential service.

The following arrangements are applicable to our sector during the lockdown:-

* Only urgent matters will be heard in the courts during this time. These are matters relating to urgent bail applications, maintenance issues, domestic violence and children.
* The Master’s office and Deed’s offices are closed except for urgent matters. These are also matters where children’s welfare is at stake.
* We will only be able to assist with these urgent matters.
* Only litigants (parties to a case), legal representatives and court personnel will be allowed in courts, if urgent matters are heard.

Minnaar & de K**k’s offices will be closed as from Thursday afternoon at 16:30. However Mrs. Nel from our office is available during this time to assist with urgent matters and enquiries as best as possible.

Kindly do not hesitate to contact her on 0769111767 (cellphone and WhatsApp) or email: [email protected].

Nog items te koop op môre se veiling.26 Julie 2019, Kerkstraat 2, Middelburg (Agter Sneuberggebou)
25/07/2019

Nog items te koop op môre se veiling.
26 Julie 2019, Kerkstraat 2, Middelburg (Agter Sneuberggebou)

22/07/2019

VEILING OP MIDDELBURG

Soms kry ek die gevoel dat die gewone publiek maar half skrikkerig, selfs bang is om ’n veiling by te woon. Die gevoel spruit gewoonlik uit die feit dat mense onkundig is oor die proses en d**k dit is slegs vir ’n paar elite beskore, amper iets soos die aandelemark.

Meneer/mevrou, jy maak ’n groot fout. ’n Veiling is ’n bleddie lekker ding, veral op die platteland. Amper soos ’n kerkbasaar op Pofadder. Dit is ’n verkoping, ’n wedstryd, ’n museumbesoek, ’n gemeenskapsamekoms, álles in een.

Hier kry jy nou uiteindelik die geleentheid om jou oerinstinkte sonder skaamte na vore te bring en oor prys te kibbel en te stry.

Soms koop jy items teen die lagwekkendste “bargains”, soms voel jy, jy’t ’n kat in die sak gekoop. Wat dit lekker maak, is dat dit soos dobbel is, maar heel wettig en in die geloof. Ek kon nog nie een Bybelversie kry wat hom uitspreek teen openbare veilings nie.

Goed, jy weet nou dat dit lekker is, maar jy weet nog nie hóé die lekker werk nie.

Veilings vind gewoonlik in groot lokale of sommer in die buitelug plaas. Gewoonlik is daar ’n magdom items oral uitgestal. Dit kan wissel van enigiets van ’n broodrooster tot ’n motorboot. Hierdie items staan as “lotte” bekend. Soms , veral met kleiner items en stelle (soos ’n eetkamerstel) kan ’n lot uit meer as een item bestaan.

In hierdie groot lokaal is daar iewers ’n registrasiepunt waar jy as bieër móét registreer. Dit is gewoonlik sommer ’n tafel met ’n rekenaar met ’n paar persone wat bril en “name tags” dra en besonders slim vir hul omgewing lyk. Jy kry dan ’n unieke bieërnommer wat aan jou naam gekoppel word. Soms is daar ’n minimale registrasie fooi, tensy dit anders adverteer word, is registrasie gewoonlik heeltemal gratis.

Jy het nou jou nommer en is gereed om te bie. Aan die stuur van sake is die afslaer, sy woord is wet en hy praat baie hard, vinnig en deurmekaar, amper soos die getuies by die Zondo-kommissie. Moenie verskrik voel as jy nie die gesprek kan volg nie, al wat nodig is om uit te ken is die bieër nommer en die bodprys wat tans ter sprake is. Indien jy voel dat jy bereid is om meer vir die item te betaal, steek jy bloot jou kaartjie met die nommer in die lug en sê ’n hoër bedrag. En siedaar! Die afslaer praat nog net so vinnig, maar hy praat nou van jou en die nuwe prys. As niemand verder bie nie, roep hy uit dat die lot teen daardie prys aan jou toegeken is.

Miskien is dit hier nodig om kortliks stil te staan by die wetlike aspek. Ja, in die SA reg kan jy ’n geldige kontrak sluit deur bloot jou vinger te lig. So as jy nié wil bie nie, moet in hemelsnaam nie jou neus krap of hare regskuif terwyl jou bie-kaartjie in jou hand is nie!

As jy niks anders wil koop nie, kan jy terugbeweeg na die tafel met die slim mense met die brille (gee hulle darem net kans om die laaste data in te voer), jou bieër-kaart vir hulle gee, waarna hulle vir jou ’n faktuur ter betaling sal gee. Na betaling het jy so pas jou eerste aankoop op ’n veiling gemaak.

Let wel dat items op ’n veiling gewoonlik geen waarborg dra nie en jy dra die risiko in hierdie verband. Hier kom ons terug na die “dobbelspel”, maar dit is darem ’n berekende risiko en sóú daar enige onsigbare defek op ’n item wees, is dit gewoonlik minimaal en herstelbaar.

Minnaar en de K**k Prokureurs bied hierdie Vrydag 26 Julie 2019 OM 09:30 ’n publieke veiling aan te Kerkstraat 2 (agter Sneeuberg-gebou). Lotte kan van 08:30 besigtig word. Daar wag ’n magdom van items wat nuwe base soek, asook ’n magdom van plattelandse lekkerte en samesyn.

Sien jou daar!
Ilze Nel

Veiling, 26 Julie 2019. Vir navrae kontak Irma of Carina by Minnaar & de K**k Prokureurs 0498421123. Ons versoek graag d...
12/07/2019

Veiling, 26 Julie 2019. Vir navrae kontak Irma of Carina by Minnaar & de K**k Prokureurs 0498421123. Ons versoek graag dat die verkoper nie direk gekontak word oor die items nie.

Veiling, 26 Julie 2019. Vir navrae kontak Irma of Carina by Minnaar & de K**k Prokureurs 0498421123.
09/07/2019

Veiling, 26 Julie 2019. Vir navrae kontak Irma of Carina by Minnaar & de K**k Prokureurs 0498421123.

Veiling:15 Maart 2019 om 09h30City of Refuge, Middelburg Oos-Kaap.Vir meer inlingting kontak Carina of Irma by Minnaar &...
04/03/2019

Veiling:
15 Maart 2019 om 09h30
City of Refuge, Middelburg Oos-Kaap.
Vir meer inlingting kontak Carina of Irma by Minnaar & de K**k Prokureurs 0498421123.

Middelburg Gemeenskapsveiling: 28 September 2018. Kontak Irma of Carina by Minnaar & de K**k Prokureurs 0498421123 vir e...
21/09/2018

Middelburg Gemeenskapsveiling: 28 September 2018. Kontak Irma of Carina by Minnaar & de K**k Prokureurs 0498421123 vir enige navrae.

VEILING, 25 Mei 2018, Middelburg Oos Kaap. Vir navrae kontak Irma of Carina by Minnaar & de K**k Prokureurs 0498421123.
10/05/2018

VEILING, 25 Mei 2018, Middelburg Oos Kaap. Vir navrae kontak Irma of Carina by Minnaar & de K**k Prokureurs 0498421123.

04/01/2018

Minnaar & De K**k skryf 10 prentjies in vir die MC Animal Rescue Family se nuutste inkleur kompetisie. Ons daag ander besighede uit om dieselfde te doen. Wie is saam met ons???
Ondersteun hulle asseblief, saam kan ons 'n verskil maak! MK -
Kontak vir Lezanne Lombard by PG Glass Middelburg vir meer inligting.

Veiling, 27 Oktober 2017 te Kortstraat 1, Middelburg Oos Kaap. 10h00.
23/10/2017

Veiling, 27 Oktober 2017 te Kortstraat 1, Middelburg Oos Kaap. 10h00.

Address

18 Loop Street
Middelburg
5900

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 16:30

Telephone

+27498421123

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Minnaar & de Kock Attorneys/Prokureurs posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Minnaar & de Kock Attorneys/Prokureurs:

Share