Willie Spies

Willie Spies Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Willie Spies, Hatfield.

Willie Spies - regspraktisyn, rubriekskrywer, burgerregte-aktivis en VF Plus se burgemeesterskandidaat vir die Tshwane Metroraad, Pretoria

Willie Spies - legal practitioner, columnist, civil rights activist, VF Plus mayoral candidate for Tshwane Pretoria

Vandag het ek Hurter Spies Inc. se krans by die Voortrekkermonument gedenkmuur gaan plaas naby die nis wat voorberei is ...
31/05/2026

Vandag het ek Hurter Spies Inc. se krans by die Voortrekkermonument gedenkmuur gaan plaas naby die nis wat voorberei is vir die oorskot van Skillie Human. Oom Dries Human was aangetroude familie van my en ek sal later die week die hele storie van Dries Human, 'n burgermag valskermsoldaat wat vermis geraak het toe ek nog 'n Standerd 2 leerling was, hier vertel. Dis 'n verhaal wat my diep raak en wat die woorde vir my betekenis gee "They shall grow not old, as we that are left grow old; Age shall not weary them, nor the years condemn." en "When you go home, tell them of us and say, For your tomorrow, we gave our today."

Interessant dat die DA-leier reken Midvaal moet 'n DA burgemeester kry om die paaie reg te maak. Midvaal het reeds 26 ja...
30/05/2026

Interessant dat die DA-leier reken Midvaal moet 'n DA burgemeester kry om die paaie reg te maak. Midvaal het reeds 26 jaar 'n DA-burgemeester. As hulle steeds stukkende paaie daar het (en Meyerton se mense sê vir my dis wel so), is daar nie veel verskil tussen die DA en ANC burgemeesters nie - en daar sê die party se leier dit self! Dalk is die antwoord VF Plus burgemeesters!

Vrydag is Vryheidsfrontdag. So ek werk vandag met my VF Plus-vellies
29/05/2026

Vrydag is Vryheidsfrontdag. So ek werk vandag met my VF Plus-vellies

Soms wen mens nie die aanvanklike hofstryd nie maar mens wen genoeg tyd vir 'n volgende geveg. Afriforum se aanvanklike ...
26/05/2026

Soms wen mens nie die aanvanklike hofstryd nie maar mens wen genoeg tyd vir 'n volgende geveg.

Afriforum se aanvanklike dringende aansoek teen die hervestiging van die Melgisedek plakkers na die hart van die Moot was wel onsuksesvol, maar dit het tyd gekoop vir Lawyers for Human Rights om hulle appél teen die beplande verskuiwing te finaliseer.

Tshwane het in hulle wysheid 'n artikel 18(3) aansoek gebring om die verskuiwing deur te druk en dit het pas misluk.

So werk verskillende litigerende partye met uiteenlopende doelwitte dikwels ten goede saam!

Dis 'n wenresep vir die toekoms!

John Steenhuizen het mooi pakslae gekry in die hof oor die manier waarop hy die litigasie deur SAAI en Sakeliga teen hom...
25/05/2026

John Steenhuizen het mooi pakslae gekry in die hof oor die manier waarop hy die litigasie deur SAAI en Sakeliga teen hom probeer vertraag en frustreer het.

Nietemin 'n goeie wen vir die boere teen die staat en die staat se meelopers!

Baie geluk aan almal betrokke!

My droom in die politiek is om die kloof wat bestaan tussen gemeenskappe en instellings van die burgerlike samelewing aa...
24/05/2026

My droom in die politiek is om die kloof wat bestaan tussen gemeenskappe en instellings van die burgerlike samelewing aan die een kant, en die politiek aan die ander kant, te oorbrug. Daar bestaan tans 'n vakuum omdat die staat al hoe groter raak en gemeenskappe al meer op die agtergrond skuif.

Dié naweek het Anne-Marie Sparg, een van ons raadslede inisiatief geneem om die Groenkloof Inwoners vereniging te help met petisies om hulle bekommernis oor die Tshwane Metro se planne om gevestigde sportterreine te kaap vir verdagte eiendomsontwikkelings terwyl die krag netwerk steier weens gebrek aan sekureiteit en instandhouding, met twee petisies aan die orde te stel.

Dit is inderdaad nou ons tyd om dinge ten goede te verander.

Artikel in Rapport/Netwerk24 vandag.
24/05/2026

Artikel in Rapport/Netwerk24 vandag.

Hélène Pastoors het amnestie gekry vir haar ‘oorlogsdaad’, maar hoogs bejaarde oudpolisiemanne aan die ander kant van haar oorlog word vervolg, skryf Willie Spies.

22/05/2026

Address

Hatfield
0035

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Willie Spies posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share