30/04/2026
The turn of the season to Autumn marks a turn of season for Sophie Pietersen - who will be retiring at the end of April after more than 20 years service at Raubenheimers. Sophie – ons wens jou alle geluk en vrede toe vir die jare wat volg!
“My reis by Raubenheimers was werklik ’n leeftyd op sigself. Ek het in 2007 hier begin as ’n tydelike werknemer vir sewe jaar, en later vir ’n jaar permanent
in diens getree. Gedurende daardie tyd het ek in die Munisipale Departement gewerk, waar ek opgelei is as ’n kassier en waardevolle ervaring opgedoen het in die hantering van kliénte en skuldenaars.
In 2008 is ek afgelé - maar sewe maande later het ek ’n oproep van Mnr. Engelbrecht ontvang om terug te keer en die span te help. Net ’n maand na my terugkeer is ek weer permanent aangestel. Vir die afgelope ses-en-twintig jaar was ek deel van die litigasie-afdeling by Raubenheimers.
Dit was ’n absolute voorreg om by hierdie firma te werk en saam met kollegas te wees wat baie vinnig meer as net medewerkers geword het - hulle het vriende geword, en in baie opsigte, familie. Ons het ’n lang pad saam gestap, deur goeie tye sowel as uitdagings, altyd met lag, gesprekke en kameraadskap terwyl ons gewerk het.
Ek gaan my departement en die mense wat dit soos ’n tuiste laat voel het, baie mis.” - Sophie
https://raubenheimers.co.za/