30/06/2025
🏚️Plaas Cöln, 423.3091 ha groot en Plaas Kareepoort 669.5611 ha groot te koop
📍Bloemfontein, Vrystaat
💰Plaas Cöln – R 5 600 000.00
💰Plaas Kareepoort – R7 000 000.00
Die volgende eiendomme wat 50 km suid van Bloemfontein en 6km oos van die R706 na Jagersfontein geleë is, word afsonderlik en/of gesamentlik te koop aangebied.
Die eiendom bekend as “Cöln” wat op een titelakte uit die volgende bestaan:-
Umgeni – 191.3050 ha
Coln – 191.3050 ha
Welgedag - 40.6991 ha
Totaal 423.3091 ha
Die verbeteringe op Cöln bestaan uit:
'n Drie-slaapkamer sinkdak woonhuis wat insluit 'n sitkamer, 'n eetkamer, 'n kombuis, 'n spens, 2 ½ badkamers, 'n studeerkamer, 'n sonkamer en 'n stoep.
Standaard buitegeboue, waenhuis, afdakke en 'n werkershuis.
Skaap- en beeskrale met hanteringsgeriewe.
'n Skadunet-kweekhuis van 40 x 45 m.
Die eiendom is ten volle omhein met 'n 1.8 meter wildheining, verdeel in 11 veekampe en 1 wildskamp wat afsonderlik ten volle met 'n 1.8 meter wildheining omhein is.
Die eiendom bekend as “Kareepoort” wat op een titelakte uit die volgende bestaan:-
Kareepoort –498.2547 ha
Restant Bachrust Annex – 171.3064 ha
Totaal 669.5611 ha
Verbeteringe op Kareepoort bestaan uit”
'n Gerestoureerde woonhuis met buitegeboue wat tans gebruik word as ''n gastehuis en 'n geregistreer is by AirBnb, LekkeSlaap en Booking.com.
Op Kareepoort is daar 'n wildskamp van 338 ha wat met 'n 1.8 meter wildheining omhein is, en verder is daar 7 veekampe wat almal van veesuipings voorsien is.
✔️Cöln het toegang tot Eskom krag, maar sonkrag word egter op Cöln sowel as op Kareepoort gebruik.
✔️Water word voorsien deur 3 windpompe en 2 sonpompe.
✔️Daar is 'n geregistreerde reg ingevolge Artikel 21(a) van die Nasionale Waterwet om 36 420 kubieke meter water per jaar vir verkoping uit 'n boorgat op Kareepoort te onttrek.
✔️Die weiding bestaan hoofsaaklik uit rooigras, soetgras en karoo-bossie.
🦌🦌 LET WEL: Daar is tans 9 spesies wild op die plase, en dit is ook te koop 🦌🦌
📞 Kontak Melgardt Minnaar / Bezuidenhouts Ing by 082 311 2194 / 051 448 9755