13/08/2023
Testamente en Boedels
1. Daar is al meer en meer advertensies waarin instansies sekere bewerings en beloftes maak wat nie waar is nie of nie heeltemal die waarheid is nie. Die advertensies word geplaas om u te lok om ń testament gratis op te stel sodat sekere goed nie met u gebeur nie.
2. Van die bewerings is die volgende:
2.1 " Moenie dat jou familie alles verloor as gevolg van hierdie eenvoudige fout nie...
…sterf sonder om 'n geldige testament in plek te hê."
2.1.1 As jy sonder ń testament sterf word jou boedel itv die Intestate Wet afgehandel. Dit wet bepaal wie moet van jou erf en die rangorde. As jy net ń eggenoot/eggenote agterlaat, sal hy/sy erf. As jy nie ń eggenoot/eggenote agterlaat nie, maar net kinders, sal die kinders gelykop erf. As jy ń eggenoot/eggenote agterlaat en ook kinders, sal hulle deel. En so maak die wet voorsiening vir verskillende scenarios totdat die verste familie jou enigste erfgenaam is. As jy geen familie het nie gaan jou erflating na die staat. Dit is dus nie waar dat jou familie alles kan verloor as jy nie ń testament het nie. Dit kan wel langer neem as jy nie ń testament het nie.
2.2 " Het u geweet dat u gesin ontvang net 'n klein deel van jou boedel nadat belasting-, regskostes en eksekuteurs fooie betaal is?"
2.2.1 Dit is nie waar nie.
2.2.2 As die oorledene geen bates het nie, of min bates het, sal jy min ontvang.
2.3
"Ontdek hoe u 0% op Regs- en Eksekuteursfooie kan betaal in plaas van die normale 3,5% 'highway robbery' wat die meeste instansies vra (𝘄𝗮𝘁 𝗵𝗼𝗻𝗱𝗲𝗿𝗱𝗲 𝗱𝘂𝗶𝘀𝗲𝗻𝗱𝗲 𝗿𝗮𝗻𝗱𝗲 𝗶𝗻 𝗱𝗶𝗲 𝗽𝗿𝗼𝘀𝗲𝘀 𝘀𝗽𝗮𝗮𝗿)."
2.3.1 of jy n testament het of nie, daar sal eksekuteursfooie en uitgawes wees. Die maksimum is 3.5% (plus BTW, indien van toepassing) op die totaal van al jou bates. Dit is maklik om jou testament op te stel met ń bepaling dat die eksekuteur net ń sekere persentasie eksekuteursfooie mag hef.
2.3.2 Daar is nie iets soos "regskostes" in alle boedels betaalbaar nie. Daar kan regskostes wees as die boedel gedagvaar word of dagvaar. Die enigste ander "regskostes" is die oordragkoste as ń erfgenaam ń onroerende eiendom erf. As die eiendom uit die boedel verkoop word sal die Koper die oordragkostes betaal. Net prokureurs kan eiendomme oordra en sal ń prokureur noodwendig aangestel moet word deur die eksekuteur. 2.3.3 Nie alle boedels betaal belasting nie. Dit hang af hoeveel bates jy het en daar is ook ander faktore. Jy kan net belasting "spaar" as jy boedelbeplanning gedoen het.
2.3.4 Elke persoon moet kundige advies kry voordat jou testament opgestel word.
2.4 "Ontdek hoe u 0% op Regs- en Eksekuteursfooie kan betaal in plaas van die normale 3,5% 'highway robbery' wat die meeste instansies vra (𝘄𝗮𝘁 𝗵𝗼𝗻𝗱𝗲𝗿𝗱𝗲 𝗱𝘂𝗶𝘀𝗲𝗻𝗱𝗲 𝗿𝗮𝗻𝗱𝗲 𝗶𝗻 𝗱𝗶𝗲 𝗽𝗿𝗼𝘀𝗲𝘀 𝘀𝗽𝗮𝗮𝗿)."
4.1.1 Meeste instansies bied deesdae aan om jou testament "gratis" op te stel.
4.1.2 Niks in die lewe is gratis en verniet nie en daar is baie redes hoekom instansies testamente verniet opstel.
4.1.3 n Testament word byvoorbeeld gratis opgestel op voorwaarde dat die opsteller die eksekuteur is.
4.1.4 Of die opsteller stel die testament gratis op en belowe dat jy alle "regskostes en eksekuteurs gelde" sal spaar. Die enigste voorwaarde is dat jy ń polis moet uitneem wat die regskostes en eksekuteurs gelde sal betaal.
4.4. Die uitneem van ń polis vir die koste is ń goeie ding, maar neem hierdie polis by jou plaaslike makelaar uit.
5. My advies is dat jy na jou plaaslike prokureur, makelaar of bank gaan om jou testament op te stel.
6. Hierdie is net ń kort bespreking wat daarop gemik is om u instaat te stel om ń beter besluit te neem.
7. Wat wel waar is, u moet nie na stories luister nie.
8. U moet by ń kundige advies kry en dan u testament opstel.
Matt Willemse
Haasbroek-Willemse Prokureurs
Virginia
0828073825
057 212 5665