10/05/2026
Ek weet jy weet hierdie… maar net ingeval jy dit vandag vergeet het...
Jy is 'n Y S T E R: 👑🤍
Hierdie is vir die mammas, enkelmammas & bonusmammas wat elke dag opdaag, al is hulle moeg, oorlaai, onseker of soms stukkend.
Hier is wat ek wens meer vroue geweet het:
Die meeste kinders is...
Soms ongeskik.
Raak stil sonder rede.
Gee eenwoord antwoorde.
Toets grense.
Raak emosioneel oor klein goed.
Vergelyk huise, reëls en ouers.
Trek hulleself terug in hul kamers.
Mis mense op vreemde tye.
En haal dikwels hul frustrasie uit op die veiligste persoon in die kamer...en soms… is daardie persoon J Y!
Ek wens meer enkelmamma’s het geweet:
Dat oorleef ook ‘n vorm van sukses is.
Dat jy nie perfek hoef te wees om ‘n ongelooflike ma te wees nie.
Dat die feit dat jy steeds opdaag, steeds probeer, steeds liefhet… is iets ongeloofliks.
En ek wens meer bonusmamma’s het geweet:
Dat liefde nie DNA nodig het om eg te wees nie.
Dat kinders van geskeide huise soms lojaliteitskonflik dra wat hulle self nie verstaan nie.
Dat weerstand nie altyd verwerping beteken nie.
Dat vertroue s t a d i g groei.
"It is not about YOU."
🤍 ...een Sondag dalk in hulle twintigs... gaan jy ook 'n ou whatsappie kry wat wys hulle het jou waarde gesien & gevoel maar tot dan kan jy net opdaag met liefde!
Ek wens meer Mammas het geweet:
Jy plant saadjies in stilte… wat eers jare later blom.
Die kinders sien dalk nie nou alles raak nie, maar eendag:
Sal hulle onthou wie hulle veilig laat voel het.
Wie opgedaag het.
Wie langs die sportveld was.
Wie gebly het.
Wie hard gewerk het om te voorsien.
Wie liefgehad het sonder waarborge.
En eendag gaan hulle verstaan hoeveel moed dit verg om ‘n kind groot te maak of om 'n bonusmams te wees wanneer die lewe nie volgens jou eie perfekte plan verloop het nie.
Aan elke enkelmamma en bonusmamma:
🤍Jy doen beter as wat jy d**k.
🤍Jou liefde maak saak.
🤍Jou opoffering maak saak.
🤍Jou teenwoordigheid maak saak.
Gelukkige Moedersdag aan die Gom-vroue wat met genade, deursettingsvermoë en ongelooflike liefde alles aan mekaar hou!
🖤Lizelle