20/07/2026
Geagte leser
Ons Kliรซntebehoud-persentasie is byna 80%, het โn onlangse interne audit bevestig. Ek wil eerstens my personeel verhewig en bedank met die prestasie. Sonder โn lojale, bekwame span sou dit nie haalbaar wees nie.
Ek vra myself hoe ons dit kon regkry?
Die formele registrasie van eiendomstitels dateer terug na 1686, deur Simon van der Stel ingestel. Dit is nou al 340 jaar van "papierwerk."
Met al die kontrakte en amptelike prosesse deur, vergeet prokureurs soms om die vraag te vra: Hoe vรณรฉl al die rolspelers deurentyd?
In daardie vraag bevind ek my antwoord:
Vir my is dit nie goed genoeg dat die kliรซnt net nog 'n nommer op 'n lรชer is nie. Jy is 'n individu met unieke behoeftes waarna ons luister. Ons praat โn ding uit: my personeel is bekwaam en beskikbaar, รจk is beskikbaar. Dit is ook nie net goed genoeg dat die kliรซnt gelukkig is nie, maar ook my personeel. โn Man moet omsien na sy mense, sy kliรซnte, sy familie en sy gemeenskap met egtheid, nederigheid en dankbaarheid. โn Regsfirma, nes โn mens, is nie โn eiland nie.
Ons waardeer die komplimente uiters, maar is nie bang vir kritiek nie - ek nooi dit uit sodat ek ons span kan lei tot verdere sukses.
Laat weet my gerus as jy wil gesels, ek sit solank die ketel aan. Onthou: my deur staan รกltyd oop.
Vriendelike groete,
Neill
084 499 5977