12/05/2026
Baie dankie aan Andre, Jackie, Marco en Venelle van Chaplaincy SA EMS Support Unit vir julle vinnige reaksie en bystand.
Saterdagaand, net na middernag, het ons ’n oproep ontvang van ’n ongeluk in Visagiestraat.
’n Towing-bakkie het glo ’n rooi lig gemis en teen die kant van ’n minibus-taxi gebots, waarna ’n voetganger ook raakgery is voordat die voertuig in ’n p**l vasgery het. Die bakkie het ongelukkig van die toneel weggejaag.
Ons is baie dankbaar dat daar geen ernstige beserings was nie. Die taxi-bestuurder is na ’n nabygeleë hospitaal geneem met ’n voorarmfraktuur, terwyl die voetganger slegs skraapwonde opgedoen het.
Julle maak ’n verskil in die gemeenskap.