20/02/2026
Vir: Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners
Werkgeleenthede vir Veiligheidspraktisyns in die Buiteland
Die onderwerp is eenvoudig:Hoe om behoorlike werk te kry
en dollars te verdien
Geagte Kollegas,
Kry Werk vir Jou in Amerika of elders buite Suid Afrika
Die onderwerp vandag is eenvoudig: Hoe om werk te kry en dollars te verdien.
1. Suid-Afrikaanse Kundigheid: Goud Werd
Tans is die uitvoer van ons kundigheid een van Suid-Afrika se grootste uitvoerprodukte. Suid-Afrikaners is spesialiste in hulle verskeie vakgebiede.
N bekende engelsman in Suid Afrika se They always punch above their weight“.Dricus die bokke,ingeneurs tegnici,plaasboere die boksommsdice. Ons mense se kennis, ons etiek, ons werksvermoë, eerlikheid en die bereidwilligheid om hard te werk en lojaal te wees, is goud werd vir oorsese werkgewers.
Die geleentheid lê wyd oop vir spesifiek alle wit blanke suid afrikaanse mans- „Afrika is nie n plek vir sissies nie“ - met sterk praktiese en konseptuele vaardighede – jy het nie noodwendig 'n lang lys grade nodig om te begin nie.
Hoe kan jý, as bekwame Suid-Afrikaanse veiligheidsbeampte of -kundige, jou loopbaan verbreed om oorsee te werk? Veral in Amerika, Afrika en die Midde-Ooste – in lande soos Saoedi-Arabië, Katar, die Emirate, Oman en Koeweit.
Jou ouderdom maak nie saak nie; daar is 'n geleentheid vir elke ouderdomsgroep, oud én jonk, as jy net die vermoë het om te werk.
Daar is 'n gulde geleentheid vir werk buite Suid-Afrika, maar jy benodig die regte sertifikaat om die deure oop te maak. Een van daardie sleutels is BCSP-sertifisering.
Die BCSP (Board of Certified Safety Professionals) is die gesogte Amerikaanse raad wat gesertifiseerde veiligheidspraktisyns erken en sertifiseer. Enigeen van hierdie BCSP-sertifikate kan vir jou die regte deure oopmaak, geskikte werk verseker, of jou loopbaan oorsee vinnig aan die rol kry of verbreed, veral in Afrika, die Midde-Ooste en Amerika.
Ek gaan kortliks verduidelik wat hierdie sertifikate behels, hoe die stelsel werk, en wat die maklikste pad is om gesertifiseer te word.
2. Kortliks: My Agtergrond
Ek is 'n Direkteur by ISTEC. Ek werk en konsulteer al sedert 1994 in die veiligheidsveld ("Safety Game") en verskaf dienste, konsultasie, oudits en opleiding aan groot maatskappye wêreldwyd.
Ons fokus daarop om ons veiligheidspersoneel – die Safety Officers en Managers – op te lei in alles van ISO, oudits, insident-ondersoeke, risikobepalings (risk assessments), en natuurlik BCSP-sertifikate.
Ek het self meer as 40 jaar internasionale ondervinding in Veiligheid, Sekuriteit en Risikobestuur – 18 jaar daarvan is in die Midde-Ooste. Ek verstaan presies hoe moeilik dit is om teen ander werksoekers van oral in die wêreld te kompeteer.
Tans verskaf ISTEC steeds konsultasiedienste vir groot industrieë soos Olie en Gas, Petrochemie, Konstruksie, Mynbou, Yster en Staal, en die energiesektor – windplase, sonkrag-aanlegte, megaboere en die landbou.
3. Vraag en Aanbod – My Raad
Dinge het drasties verander. Duisende poste in die mynbou- en staalindustrie is verlore weens faktore soos swak of geen ekonomiese groei, swak beleid, en 'n regering wat nie kan of wil regeer nie. Die mynbou kom na vele indabas nie aan die gang nie, en die konstruksie word deur die mafia geskaak.
Duisende mans, jonk en oud, werk nou op plase in Amerika om 'n inkomste te verdien en die pot in Suid-Afrika aan die kook te hou. Dit is bó en behalwe konsultante, ingenieurs en opleiers wat reeds in die Midde-Ooste is, en Suid-Afrikaanse maatskappye in Afrika wat met projekte besig is.
As gevolg van my eie blootstelling, is een van die vrae wat ek dikwels moet beantwoord:
"Hoe kry ek oorsese werk, en hoe kan ek 'n posisie kry om wêreldwyd te konsulteer en oudits te doen?" "En nog belangriker: Hoe kan ek 'n dollar-inkomste verdien?"
My raad is doodgewoon: Kry vir jou 'n sertifikaat wat régtig iets beteken.
Ongelukkig het ons nie juis iets hiér wat veel beteken nie. ’n Klomp smouse sal jou Britse sogenaamde diplomas ten duurste verkoop, waarmee jy dan gaan meeding met laevlak-kompetisie wat jou skaars hoër as 'n karwag met 'n reflective jacket gaan plaas. Selfs al wil jy 'n karwag wees, het jy ongelyke kompetisie met taxi’s en plaaslike gemeenskapsweerstand. Plus, met 140 wette wat teen jou tel, is die kans bitterskraal om werk te kry in 'n ekonomie met zero groei en de-industrialisasie.
4. Oplossing vir Alle Vlakke: Die CSP®
Die sertifikaat wat deure kan oopmaak in die veiligheidsveld is die CSP® – die Certified Safety Professional.
Dit is Amerikaanse sertifisering. Boonop is Amerika en die Midde-Ooste van die handjievol lande wat jou goedgesind is, en waar daar geen direkte diskriminasie is nie.
Die CSP®-erkenning word direk in Amerika uitgereik deur die BCSP, en is die internasionale standaard om jou as 'n professionele veiligheidspraktisyn te bevestig. Dit kan jou loopbaan dryf en jou oral in die wêreld 'n kans gee, maar veral in Afrika, die Midde-Ooste en Amerika.
Ek kan jou presies verduidelik hoekom lande soos Australië, Nieu-Seeland en Europa tans nie ons direkte fokus is nie. Die geleenthede lê in groeiende lande wat ons praktiese kundigheid benodig en bereid is om daarvoor te betaal.
Daar is agt verskillende BCSP-sertifikate, wat wissel van intreevlak tot hoë vlakke wat 'n Meestersgraad vereis. Die punt is: Daar is 'n roete vir jou, maak nie saak waar jy in die veld begin nie.
Die CSP® gaan oor meer as net 'n stuk papier. Dit gaan daaroor dat jy internasionaal kan bewys dat jy bevoeg is – dat jy jou kennis in die praktyk kan toepas, veral in industriële hoërisiko-omgewings. Dit beteken jy sal kan en bereid wees om te werk tussen die pype, ysters en konstruksiebedrywighede; in die stof, olie, gasdampe; en in die weersomgewing, hetsy in die bosse, oopgroefmyn, ondergrondse myn, of in 'n woestyn.
Ons help jou om vir die regte kursus in te skryf en ons fasiliteer jou voorbereiding. Ons vat die moeilike inhoud en vereenvoudig dit. Ons fokus is op praktiese toepassing en regte gevallestudies. Ons breek die nege CSP®-modules op in hanteerbare dele.
Die kursus is modulêr en gebruik 'n gemengde benadering met:
• Oefeninge en gevallestudies.
• Gefokusde video's en vasvrae – net soos in die eksamen.
• Raad om by die beste ligaam in te skryf as jy aanlyn wil studeer.
5. Die Geleentheid
Ek doen 'n beroep op elkeen van julle wat belangstel, asook vriende in julle netwerke: Skryf in vir die voorbereidingskursus. Die kursus berei julleself beter voor om meer mededingende uitdagings aan te pak en te slaag.
Hierdie is 'n gulde kans, veral vir dié wat 'n beter internasionale alternatief soek. Dit maak die pad vir jou oop vir projekte in die res van Afrika, die Midde-Ooste, en selfs die VSA, veral in die Mynbou-, Olie & Gas-, Energie- en Konstruksie-industrieë, en landbou.
Ons doel is eenvoudig: Om te verseker dat elke persoon die selfvertroue en vaardighede het om die CSP®-eksamen suksesvol te slaag en jou loopbaan na die volgende vlak te neem.
Oor Amerika
Feite oor die Amerikaanse mark wat wys hoe die geleenthede groei:
In die fiskale jaar 2023 het die VSA 'n rekordgetal van 15 159 H-2A-visums vir tydelike plaaswerk aan Suid-Afrikaners gegee. Dié syfer het tussen 2011 en 2024 met 'n massiewe 1 300% toegeneem.
Daar is verseker 'n groot persentasie van daardie duisende veelsydige plaasboere, -werkers, ambagsmanne en drywers wat Amerika reeds ken, vertroud is met Amerika, en wat 'n meer vaste inkomste buite seisoenstyd wil verdien. Hulle wil nou graag na ander bedrywe uitbrei om hulle in 'n hoër besoldigingsvlak te plaas.
6. Volgende Stappe
As jy belangstel, sal ek vir jou sonder enige verpligting die volledige pakketverduideliking en die Bloudruk van al die verskillende sertifikate stuur. Kyk gerus daarna.
Ons volgende voorbereidingskursus is in November en Januarie:
• Datum: 24 tot 28 November 2025 – En 26-30 Januarie dit is 'n vyfdagkursus)
• Plek: Gallogas Estates, Donkerhoek Pretoria
•
Skryf in by Erica: [email protected]
Vra vir spesiale afslag as jy 'n SAIOHS, Solidariteit, Afriforum lid of Akademia student is.
Baie dankie vir u tyd.
Geniet die dag, en laat weet gerus hoe ons kan help om jou internasionale loopbaan te begin.