03/09/2025
🚫MITES OOR TESTAMENTE🚫
🥷🏻Mite 1:
❌“As ek sonder ’n testament sterf, gaan alles na die Staat.”
✅Die Intestate Erfopvolgingswet bepaal jou erfgename – soos jou gade, kinders of ouers. Slegs as daar glad geen erfgename is nie, gaan dit na die Voogdyfonds en uiteindelik na die Staat.
👩🏼⚖️Mite 2:
❌“My testament kan maar ongeldig wees, die hof sal dit regmaak.”
✅As jou testament nie aan die vereistes van die wet voldoen nie, kan dit ongeldig wees. ’n Hof kan soms ingryp, maar dit is duur, tydrowend en nie gewaarborg nie.
🧍🏻♂️Mite 3:
❌“Ek is jonk, enkellopend en het niks – ek het nie ’n testament nodig nie.”
✅Jy het waarskynlik tog bates soos ’n bankrekening, motor of pensioen. Boonop verlig ’n testament die las vir jou ouers of familie as jy sou sterf.
👩🏼🤝👨🏻Mite 4:
❌“My huweliksmaat het my volmag – dit is genoeg.”
✅'n Volmag verval by die dood. Net jou eksekuteur wat deur die Meester aangestel is, kan dan jou boedel hanteer.
🤓Mite 5:
❌“Ek kan sommer self ’n testament opstel.”
✅Alhoewel dit nie onwettig is nie, kan ’n fout jou testament ongeldig maak of familiegeskille veroorsaak. Regshulp voorkom duur foute en verseker dat jou wense duidelik is.
👨🏼🦳Mite 6:
❌“Ek het jare terug ’n testament gemaak – dit is goed genoeg.”
✅Huwelike, egskeidings, geboortes, sterftes en nuwe wette kan jou testament verouder. Hersien dit minstens een keer per jaar.
💸Mite 7:
❌“’n Testament is net vir ryk mense.”
✅’n Testament gaan nie net oor geld nie – dit bepaal ook sorg vir jou kinders of troeteldiere en maak die proses makliker vir jou geliefdes.
💰Mite 8:
❌“My skuld word afgeskryf as ek sterf.”
✅Skulde word eers betaal voordat erfgename enigiets kry.
📽️Mite 9:
❌"’n Video waarin ek my laaste wense deurgee geld as ń geldige testament."
✅Sonder ’n bykomende geskrewe testament wat aan al die wetlike formaliteite voldoen, is ’n “video-testament” ongeldig.
👶🏻 Mite 10
❌“Ek hoef nie my kinders se voogde in my testament aan te wys nie, hulle weet wie hulle is.”
✅As jou testament nie aanwys wie die voogde van jou kinders sal wees met jou afsterwe nie sal die hof bepaal wie hulle versorg – en hul erfgeld gaan in die Voogdyfonds.
’n Geldige testament beskerm jou geliefdes en verseker dat jou laaste wense gerespekteer word. Kontak ons vandag nog om jou testament op te stel.
📞 018 004 0001
📧 [email protected]